Droomland is 'n spesiale klankbaan wat die storie van Stoffel, die pragtige voëltjie, volg met rustige agtergrondmusiek en witgeraas. Dit is só geformuleer sodat die kind veilig in sy eie bedjie voel sodat slaap natuurlik kan volg.
Die witgeraas hou vir 'n uur aan en word geleidelik sagter om te keer dat jou kind wakker skrik met skielike stilte.
Witgeraas help om steurende geluide te verbloem en keer sodoende dat die kind wakker word tydens ligslaapfases.
Babas het 'n natuurlike slaapsiklus van 45 minute waarna hulle 'n ligslaapfase betree en soms gedurende daardie tyd wakker word. Die witgeraas op hierdie klankbaan hou vir 'n uur aan sodat dit die kind kan help om die volgende slaapfase te betree sonder steurings.
Droomland
SKU: 202
R 35,00Price

